Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Bloedlose chirurgie—’n suksesverhaal

Bloedlose chirurgie—’n suksesverhaal

Bloedlose chirurgie—’n suksesverhaal

Ná die publisering van die Ontwaak! van 8 Januarie 2000 wat bloedlose geneeskunde en chirurgie bespreek het, het die uitgewers hierdie bemoedigende brief ontvang.

“Hierdie nommer van die Ontwaak! het herinneringe teruggebring van ’n situasie waarvoor ek en my man met ons dogter, Janice, te staan gekom het. Kort ná haar geboorte is sy met vyf hartdefekte gediagnoseer, waarvan die ernstigste die verplasing van die groot slagare was. * Omdat chirurgie nodig was, het ons ’n kinderhartchirurg in Buffalo, New York, VSA, gevind wat bereid was om sonder bloed te opereer.

“Janice het haar eerste operasie gehad toe sy vier maande oud was—’n geslotehartoperasie om die vloei van bloed na haar longe gedeeltelik te beperk. Vyf maande later het sy ’n tweede operasie gehad—hierdie keer ’n opehartoperasie wat bedoel was om haar bloedvloei reg te stel. Albei operasies is sonder bloed gedoen, en dit was ’n groot sukses!

“Janice is nou 17 jaar oud en is blakend gesond. Ons is dankbaar teenoor moedige chirurge wat bereid is om ons standpunt oor bloed te respekteer. Hulle is waarlik wat julle hulle in die Ontwaak! van 8 Januarie noem: ‘Baanbrekers op die gebied van die geneeskunde’. In antwoord op die vraag wat in hierdie tydskrif gevra is: Is bloedlose chirurgie ’n veilige alternatief? kan ons met oortuiging antwoord dat dit ongetwyfeld is!”

[Voetnoot]

^ par. 3 In hierdie toestand is die posisie van die hoofslagaar en die longslagaar omgeruil. Suurstofryke bloed wat na die liggaam geneem moet word, word dus slegs na die longe geneem. ’n Soortgelyke geval is in die Ontwaak! van 8 April 1986, bladsye 18-20, bespreek.

[Prent op bladsy 31]

Ná haar operasies

[Prent op bladsy 31]

Janice en haar ouers vandag