Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 91

Ons liefdeswerk

Ons liefdeswerk

(Psalm 127:1)

  1. 1. Jehovah, hier is die dag

    waarna ons hart so lank al smag.

    U het ons werk geseën, guns verleen,

    bo wat ons verwag!

    U het ons werk ondersteun,

    u krag gegee aan iedereen.

    Uiteind’lik staan daar nou dié gebou —

    wat ’n ryke seën!

    (REFREIN)

    Jehovah God, dit was ’n voorreg

    om hierdie plek vir u te bou.

    Mag ons u dien ons hele lewe, en altyddeur

    u naam vereer, u guns behou.

  2. 2. Ons almal glimlag nou breed;

    sal hierdie vriende nooit vergeet!

    Ons wil u dank, o Heer, vir dié eer

    wat ons nie kan meet!

    U gees het ons aanhou lei.

    Ons werk dra tot u glorie by,

    want so verheerlik ons u groot naam,

    wat u hart verbly!

    (REFREIN)

    Jehovah God, dit was ’n voorreg

    om hierdie plek vir u te bou.

    Mag ons u dien ons hele lewe, en altyddeur

    u naam vereer, u guns behou.