Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 40

Aan wie wil ons behoort?

Aan wie wil ons behoort?

(Romeine 14:8)

  1. 1. Aan wie wil jy behoort?

    Wie dien jy as god en heer?

    Jou heer en jou meester is net hy

    aan wie jy altyd trou sal bly.

    Geen mens sal tegelyk

    twee gode kan dien as kneg.

    Al sou jy probeer, sal jy gou-gou leer:

    nie een dien jy dan opreg.

  2. 2. Aan wie wil jy behoort?

    Wie dien jy as god en heer?

    Want een god is goed, die ander sleg;

    dis jou besluit, maar kies net reg.

    Die konings van ons tyd —

    jaag jy hulle guns nog na?

    Of sal jy die Heer Jehovah vereer

    en altyd doen wat hy vra?

  3. 3. Aan wie wil ek behoort?

    My Heer is Jehovah God.

    My hemelse Vader dien ek trou,

    en my geloftes sal ek hou.

    Hy het my duur gekoop;

    aan hom bly ek toegewy.

    Solank as ek leef, sal ek daarna streef

    om sy naam waardig te bly.