Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 32

Kies kant vir Jehovah!

Kies kant vir Jehovah!

(Eksodus 32:26)

  1. 1. Vroeër het ons in verwarring verkeer,

    want godsdiensleuens het ons denke beheer.

    Groot was ons vreugde toe ons egter leer

    dat God se Koninkryk heers.

    (REFREIN)

    Kies kant vir Jehovah; dien hom met genot.

    Hy’s altyd betroubaar; hou net sy gebod.

    Dra dié goeie nuus nou aan elke mens uit:

    God heers deur sy Christus tot in ewigheid.

  2. 2. Aan God se kant dien ons nou sy aan sy;

    nuus van sy Koninkryk wil ons versprei.

    Want almal moet die geleentheid nou kry

    om kant te kies vir ons God.

    (REFREIN)

    Kies kant vir Jehovah; dien hom met genot.

    Hy’s altyd betroubaar; hou net sy gebod.

    Dra dié goeie nuus nou aan elke mens uit:

    God heers deur sy Christus tot in ewigheid.

  3. 3. Ons is nie bang vir die Duiwel se mag,

    want ons vertrou op Jehovah se krag.

    Al is ons min, sal ons steeds op God wag;

    hy sal sy volk nooit verlaat.

    (REFREIN)

    Kies kant vir Jehovah; dien hom met genot.

    Hy’s altyd betroubaar; hou net sy gebod.

    Dra dié goeie nuus nou aan elke mens uit:

    God heers deur sy Christus tot in ewigheid.