Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 120

Volg Christus se sagmoedigheid na

Volg Christus se sagmoedigheid na

(Matteus 11:28-30)

  1. 1. Geen groter mens was daar as Jesus, ons Heer;

    maar roem of vernaamheid het hy nooit begeer.

    Groot eer en posisie het God hom gegee;

    maar ned’rig is hy altyd in al sy weë.

  2. 2. Aan almal wat ly weens hul laste so swaar,

    bied Jesus sy hulp, ja, verligting is daar.

    Die Koninkryk soek hul, en so vind hul rus.

    Sagmoedig help hy dié wat nederig is.

  3. 3. ‘Ons almal is broers’, so het Jesus geleer;

    ons bly onderdanig aan hom as ons Heer.

    Die ned’riges word deur Jehovah beloon;

    vir ewig sal hul op die aarde kan woon.