Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 12

Groot God, Jehovah

Groot God, Jehovah

(Eksodus 34:6, 7)

  1. 1. Groot God, Jehovah, hoog en verhewe,

    u verdien die heerlikheid,

    mag, gesag en majesteit.

    U het groot krag en liefde en wysheid.

    U is God in ewigheid.

  2. 2. U is genadig, toon medelye.

    Ons is stof, maar u gee om;

    ons kan nader aan u kom.

    U ondersteun ons, leer ons en lei ons.

    U gee hulp wat ons verstom.

  3. 3. Hemel en aarde loof u en prys u.

    Vreugdevol sal ons u eer,

    want u is dit waardig, Heer.

    Groot God Jehovah, hoog en verhewe,

    altyd wil ons u vereer.