Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 118

“Gee ons meer geloof”

“Gee ons meer geloof”

(Lukas 17:5)

  1. 1. As onvolmaakte mense, o Jehovah,

    is elke neiging van ons hart net sleg.

    Daar is ’n sonde wat ons gou verstrik, Heer —

    dis ongeloof, maar ons wil daarteen veg.

    (REFREIN)

    Ons smeek u, gee ons meer geloof, Jehovah.

    Kom ons te hulp, voorsien in volle maat.

    O, gee ons meer geloof, wees ons genadig,

    dan kan ons u vereer in woord en daad.

  2. 2. As ons u guns wil hê, moet ons geloof toon.

    Ons moet vertrou dat u ons sal vergoed.

    En soos ’n skild bied ons geloof beskerming.

    Ons gaan die toekoms moedig tegemoet.

    (REFREIN)

    Ons smeek u, gee ons meer geloof, Jehovah.

    Kom ons te hulp, voorsien in volle maat.

    O, gee ons meer geloof, wees ons genadig,

    dan kan ons u vereer in woord en daad.