Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 115

Dankbaar vir God se geduld

Dankbaar vir God se geduld

(2 Petrus 3:15)

  1. 1. Groot God, Jehovah, lief vir die reg,

    groot is u krag en rein u weg.

    Boosheid vind ons die wêreld deur,

    dit bring groot pyn, dit maak ons seer.

    U is nie traag, soos mense beweer;

    ja, u geduld het perke, o Heer.

    (REFREIN)

    Ons word gevul met hoop en moed.

    Vader, ons loof u, want u is goed.

  2. 2. Wat u, o God, as een dag ervaar,

    is vir die mens soos duisend jaar.

    Tyd stap nou aan na u groot dag;

    dit kom betyds, dit sal nie wag.

    U haat die kwaad, maar toon elke keer

    blydskap as sondaars hulle bekeer.

    (REFREIN)

    Ons word gevul met hoop en moed.

    Vader, ons loof u, want u is goed.