Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 109

Toon intense liefde uit die hart

Toon intense liefde uit die hart

(1 Petrus 1:​22)

  1. 1. God sal ons so ryklik beloon

    as ons intense liefde toon.

    Ja, hy wil hierdie liefde sien

    by almal wat hom dien.

    Liefde uit die hart en opreg,

    maak bande tussen vriende heg;

    neem ander altyd eers in ag,

    net soos ons God verwag.

    As ’n vriend ons nodig kry,

    bied ons hulp aan, en ons staan hom by,

    want ’n ware vriend verstaan,

    hy gee om, hy moedig aan.

    God se Seun het ons help besef

    hoe lief sy Vader almal het.

    Dit raak ons hart, beweeg ons om

    tere liefde vir mekaar

    uit die hart te openbaar.