Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek vertrou op u

Ek vertrou op u

Laai af:

  1. 1. U woord dra ek diep in my hart.

    Dit kry my deur elke dag.

    Want maak nie saak wat oor my kom, u waarhede is daar

    om te wys wat ek moet doen,

    om deur elke toets te kom.

    U lei my, troos my, maak my wys, en dis hoe ek kan

    (BRUG)

    aanhou sonder om bang te wees,

    vashou aan wat Jehovah my leer.

    (REFREIN)

    Deur elke storm word ek

    altyd deur u woord versterk.

    U hulp maak dat ek elke dag meer op u vertrou.

  2. 2. Ek wil altyd met u bly stap,

    maar soms is daar druk in my hart

    om in te gee en weg te draai van hierdie pad.

    U is daar as ek tot u bid

    en tyd maak om diep te dink.

    Dan sal u raad my hart bereik en help dat ek kan

    (BRUG)

    aanhou sonder om bang te wees,

    vashou aan wat Jehovah my leer.

    Fokus op dit wat ek nie kan sien,

    weet dat u my deur alles sal bring.

    (REFREIN)

    Deur elke storm word ek

    altyd deur u woord versterk.

    U hulp maak dat ek elke dag meer op u vertrou —

    vertrou.

    (BRUG)

    Hou aan sonder vrees.

    Hou vas aan wat Jehovah my leer.

    Fokus op dit wat ek nie kan sien,

    weet dat u my deur alles sal bring.

    (REFREIN)

    Deur elke storm word ek

    altyd deur u woord versterk.

    U hulp maak dat ek elke dag meer op u vertrou.