Volgens Johannes 5:1-47

  • Siek man by Betsata genees (1-18)

  • Vader het Jesus gesag gegee (19-24)

  • Dooies sal Jesus se stem hoor (25-30)

  • Getuienis oor Jesus (31-47)

5  Ná hierdie dinge was daar ’n fees+ van die Jode, en Jesus het na Jerusalem gegaan.  In Jerusalem is daar by die Skaappoort+ ’n bad wat in Hebreeus Betsaʹta genoem word. Hierdie bad het vyf pilaargange gehad  waar baie mense gelê het wat siek, blind en kreupel was, asook dié met misvormde* ledemate.  *——  Een van die mans wat daar was, was al 38 jaar lank siek.  Jesus het die man daar sien lê en het geweet dat hy reeds lank siek was. Daarom het hy vir hom gevra: “Wil jy gesond word?”+  Die siek man het geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit wanneer die water begin beweeg nie, en wanneer ek probeer inklim, klim iemand anders voor my in.”  Jesus het vir hom gesê: “Staan op! Tel jou slaapmat* op en loop.”+  En die man het onmiddellik gesond geword, en hy het sy slaapmat* opgetel en begin loop. Daardie dag was die Sabbat, 10  en daarom het die Jode vir die man wat genees is, begin sê: “Dit is die Sabbat, en jy mag nie die slaapmat* dra nie.”+ 11  Maar hy het hulle geantwoord: “Dieselfde man wat my gesond gemaak het, het vir my gesê: ‘Tel jou slaapmat* op en loop.’” 12  Hulle het vir hom gevra: “Wie is die man wat vir jou gesê het: ‘Tel dit op en loop’?” 13  Maar die man wat gesond gemaak is, het nie geweet wie dit was nie, want Jesus het in die skare verdwyn. 14  Later het Jesus hom in die tempel gevind en vir hom gesê: “Kyk, jy het gesond geword. Moenie meer sondig nie, sodat iets ergers nie met jou gebeur nie.” 15  Die man het weggegaan en vir die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het. 16  Die Jode het Jesus begin vervolg omdat hy hierdie dinge op die Sabbat gedoen het. 17  Maar hy het vir hulle gesê: “My Vader het tot nou toe aanhou werk, en ek hou aan werk.”+ 18  As gevolg hiervan het die Jode nog harder probeer om hom dood te maak, want hy het nie net die Sabbat gebreek nie, maar hy het God ook sy eie Vader genoem+ en hom so aan God gelykgemaak.+ 19  Daarom het Jesus vir hulle gesê: “Ek verseker julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie, maar net wat hy die Vader sien doen.+ Want alles wat daardie Een doen, doen die Seun ook net so. 20  Want die Vader is lief vir die Seun+ en wys hom alles wat hy self doen. Hy sal vir hom werke wys wat nog groter is as dié, sodat julle verstom sal wees.+ 21  Want net soos die Vader die dooies opwek en lewend maak,+ so maak die Seun ook lewend wie hy wil.+ 22  Want die Vader oordeel niemand nie, maar hy het die oordeel heeltemal aan die Seun oorgelaat,+ 23  sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Enigiemand wat nie die Seun eer nie, eer nie die Vader wat hom gestuur het nie.+ 24  Ek verseker julle: Enigiemand wat my woorde hoor en die Een glo wat my gestuur het, het die ewige lewe,+ en hy sal nie geoordeel word nie. Hy is soos iemand wat dood was maar wat nou lewe.+ 25  “Ek verseker julle: Die uur kom, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat aandag geskenk het, sal lewe. 26  Want net soos die Vader lewe* in homself het,+ so het hy dit ook vir die Seun moontlik gemaak om lewe in homself te hê.+ 27  En Hy het hom die gesag gegee om te oordeel+ omdat hy die Seun van die mens is.+ 28  Moenie hieroor verbaas wees nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte* is, sy stem sal hoor+ 29  en sal uitkom, dié wat goeie dinge gedoen het, tot ’n opstanding van die lewe, en dié wat walglike dinge gedoen het, tot ’n opstanding van oordeel.+ 30  Ek kan niks uit my eie doen nie. Net soos ek hoor, oordeel ek, en my oordeel is regverdig+ omdat ek nie my eie wil soek nie, maar die wil van hom wat my gestuur het.+ 31  “As ek alleen oor myself getuig, is my getuienis nie waar nie.+ 32  Daar is iemand anders wat oor my getuig, en ek weet dat die getuienis wat hy oor my gee, waar is.+ 33  Julle het manne na Johannes gestuur, en hy het van die waarheid getuig.+ 34  Ek aanvaar egter nie die getuienis van ’n mens nie, maar ek sê hierdie dinge sodat julle gered kan word. 35  Daardie man was ’n lamp wat gebrand en geskyn het, en julle was ’n kort tydjie bereid om sy lig te geniet.+ 36  Maar ek het die getuienis wat groter is as die getuienis van Johannes. Want hierdie werk wat ek doen, die werk wat my Vader my gegee het om te doen, getuig dat die Vader my gestuur het.+ 37  En die Vader wat my gestuur het, het self oor my getuig.+ Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy voorkoms gesien nie,+ 38  en sy woord is nie in julle nie, want julle glo nie die een wat hy gestuur het nie. 39  “Julle ondersoek die Skrif,+ want julle dink dat julle die ewige lewe daardeur sal hê, en dit is juis die Skrif wat oor my getuig.+ 40  En tog wil julle nie na my toe kom+ sodat julle die lewe kan hê nie. 41  Ek wil nie deur mense geëer word nie, 42  maar ek weet goed dat julle nie die liefde vir God in julle het nie. 43  Ek het in die naam van my Vader gekom, maar julle aanvaar my nie. As iemand anders in sy eie naam gekom het, sou julle hom aanvaar het. 44  Hoe kan julle glo as julle deur mekaar geëer wil word maar geen moeite doen om deur die enigste God geëer te word nie?+ 45  Moenie dink dat ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Moses,+ op wie julle vertrou het, beskuldig julle. 46  Om die waarheid te sê, as julle Moses geglo het, sou julle my glo, want hy het oor my geskryf.+ 47  Maar as julle nie glo wat hy geskryf het nie, hoe sal julle glo wat ek sê?”

Voetnote

Of “verlamde”.
Of “bed”.
Of “bed”.
Of “bed”.
Of “bed”.
Of “die gawe van die lewe”.