Jesaja 14:1-32

  • Israel sal in hulle eie land woon (1, 2)

  • Koning van Babilon gespot (3-23)

    • Stralende sal uit hemel val (12)

  • Jehovah se hand sal Assiriër verpletter (24-27)

  • Oordeelsboodskap teen Filistea (28-32)

14  Want Jehovah sal genade aan Jakob betoon,+ en hy sal Israel weer kies.+ Hy sal hulle in hulle land laat woon,*+ en die uitlanders sal na hulle toe kom en by die huis van Jakob aansluit.+  En volke sal hulle na hulle eie plek terugbring, en hulle sal slawe en slavinne+ van die huis van Israel word in die land van Jehovah. En Israel sal dié gevange neem wat hulle gevange gehou het, en hulle sal heers oor dié wat hulle gedwing het om te werk.*  Op die dag wanneer Jehovah vir jou rus gee van jou pyn en van jou onrustigheid en van die harde slawewerk wat jy moes doen,+  sal jy die koning van Babilon spot en sê:* “Dit is verby met die een wat ander gedwing het om te werk!* Dit is verby met die onderdrukking!+   Jehovah het die stok van die goddeloses gebreek,die staf van die heersers,+   die een wat volke wreed en aanhoudend geslaan het,+die een wat nasies in sy woede onderwerp het en sonder ophou vervolg het.+   Die hele aarde het nou rus en vrede. Mense roep uit van vreugde.+   Selfs die jenewerbome en die sederbome van die Liʹbanon-bergeis bly oor wat met jou gebeur het. Hulle sê: ‘Vandat jy geval het,kom geen houtkapper om ons af te kap nie.’   Selfs die Graf* daaronder is in rep en roerom jou te ontmoet wanneer jy kom. Weens jou maak dit dié wakker wat magteloos is in die dood,al die onderdrukkende leiers* van die aarde. Dit laat al die konings van die nasies van hulle trone af opstaan. 10  Hulle almal sê vir jou: ‘Het jy ook swak geword soos ons? Het jy soos ons geword? 11  Jou trots het na die Graf* afgegaan,sowel as die geluid van jou snaarinstrumente.+ Maaiers is jou bed onder jou,en wurms bedek jou.’ 12  Jy, o stralende, seun van die dagbreek,jy het uit die hemel geval! Jy wat nasies oorwin het,+is afgekap en lê op die aarde! 13  Jy het in jou hart gesê: ‘Ek sal na die hemel toe opklim.+ Bo die sterre van God sal ek my troon plaas,+en ek sal op die berg van samekoms gaan sit,in die mees afgeleë dele van die noorde.+ 14  Ek sal tot bo die hoogste wolke opklim,ek sal my soos die Allerhoogste maak.’ 15  Maar jy sal na die Graf* afgebring word,na die diepste dele van die graf. 16  Dié wat jou sien, sal na jou staar. Hulle sal jou goed bekyk en sê: ‘Is dit die man wat die aarde geskud het,wat koninkryke laat bewe het,+ 17  wat die bewoonde aarde soos die wildernis gemaak heten stede verwoes het,+wat geweier het om sy gevangenes te laat gaan?’+ 18  Al die ander konings van die nasies,ja, hulle almal, rus in heerlikheid,elkeen in sy eie graf.* 19  Maar jy is weggegooi, sonder ’n graf,soos ’n ongewenste takkie.* Jy is bedek met dié wat met die swaard doodgemaak is,wat in ’n gat met klippe gegooi is. Jy is soos ’n vertrapte karkas. 20  Jy sal nie by hulle begrawe word nie,want jy het jou eie land verwoesen jou eie volk doodgemaak. Die nageslag van goddeloses sal nooit weer genoem word nie. 21  Maak ’n slagblok gereed vir sy seunsweens die oortredings van hulle voorvaders,sodat hulle nie opstaan en die aarde oorneemen die wêreld met hulle stede vul nie.” 22  “Ek sal teen hulle opstaan,”+ sê Jehovah van die leërmagte. “En ek sal naam en oorblyfsel en nakomelinge en nageslag uit Babilon wegvee,”+ sê Jehovah. 23  “Ek sal haar ’n besitting van ystervarke en ’n vleiland maak, en ek sal haar met die besem van vernietiging wegvee,”+ sê Jehovah van die leërmagte. 24  Jehovah van die leërmagte het gesweer: “Wat ek besluit het moet gebeur, sal gebeur. Net soos ek besluit het, so sal dit wees. 25  Ek sal die Assiriër in my land verpletter,en ek sal hom op my berge vertrap.+ Sy juk sal van hulle afgehaal word,en sy vrag van hulle skouers.”+ 26  Dit is wat teen die hele aarde besluit is,en dit is die hand wat teen al die nasies uitgesteek is. 27  Want Jehovah van die leërmagte het besluit,en wie kan dit laat misluk?+ Sy hand is uitgesteek,en wie kan dit keer?+ 28  In die jaar dat koning Agas gesterf het,+ is hierdie oordeelsboodskap uitgespreek: 29  “O Filisteʹa, nie een van jou inwoners moet bly weesnet omdat die staf gebreek is van die een wat jou geslaan het nie. Want uit die wortel van die slang+ sal ’n giftige slang voortkom,+en sy nageslag sal ’n vinnige giftige* slang wees. 30  Terwyl die kinders van die hulpeloses genoeg het om te eeten die armes in veiligheid rus,sal ek jou volk deur hongersnood laat sterf,en wat van jou oorbly, sal doodgemaak word.+ 31  Huil, o poort! Roep uit, o stad! Julle sal almal moed verloor, o Filisteʹa! Want rook kom uit die noorde,en elke soldaat is op sy plek.” 32  Watter antwoord moet aan die boodskappers van die nasie gegee word? Dat Jehovah die fondament van Sion gelê het+en dat die hulpeloses van sy volk daar beskerming sal soek.

Voetnote

Of “rus gee”.
Of “hulle taakgewers”.
Of “die taakgewer”.
Of “hierdie spreekwoord teen die koning van Babilon sê”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “die bokramme”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “huis”.
Of “spruit”.
Lett. “vlieënde vurige”.