Aan die Filippense 3:1-21

  • Vertrou nie op menslike dinge nie (1-11)

    • Alles ’n verlies as gevolg van Christus (7-9)

  • Strek uit na dinge wat voor is (12-21)

    • Burgerskap in die hemel (20)

3  Laastens, my broers, wees altyd bly in die Here.+ Dit is nie vir my moeite om dieselfde dinge aan julle te skryf nie, en dit is vir julle ’n beskerming.  Pasop vir die honde, pasop vir dié wat skade aanrig, pasop vir dié wat die liggaam* vermink.+  Want ons is dié wat werklik besny is,+ wat heilige diens deur God se gees doen en oor Christus Jesus spog+ en wat nie ons vertroue in die vlees stel nie,  al het ek alle rede om vertroue in die vlees te hê. As enigiemand anders dink dat hy rede het om vertroue in die vlees te hê, het ek nog meer:  Ek is op die agtste dag besny,+ uit die nasie Israel, uit die stam van Benjamin, ’n Hebreër gebore uit Hebreërs,+ wat die wet betref, ’n Fariseër,+  wat ywer betref, ’n vervolger van die gemeente,+ wat regverdigheid op grond van die wet betref, iemand met wie daar nie foutgevind kon word nie.  Maar die dinge wat vir my baie beteken het, het ek as ’n verlies beskou* as gevolg van die Christus.+  Wat meer is, weens die oortreffende waarde van die kennis van Christus Jesus, my Here, beskou ek alles beslis as ’n verlies. Ter wille van hom het ek die verlies van alles aanvaar en beskou ek dit as ’n klomp vullis, sodat ek Christus kan wen  en in eenheid met hom kan wees. Dit is nie deur my eie regverdigheid omdat ek gehoorsaam is aan die Wet nie, maar deur my regverdigheid weens geloof+ in Christus,+ want God beskou dié wat geloof het, as regverdig.+ 10  Ek wil hom en die krag van sy opstanding ken.+ Ek wil soos hy ly+ en ’n soortgelyke dood as hy sterf,+ 11  sodat ek kan sien of ek die vroeër opstanding uit die dood kan ontvang,+ as dit enigsins moontlik is. 12  Nie dat ek dit reeds ontvang het of reeds volmaak geword het nie, maar ek probeer my bes+ om te sien of ek ook dit kan kry waarvoor Christus Jesus my gekies het.+ 13  Broers, ek bedoel nie dat ek dit al gekry het nie, maar een ding is seker: Ek vergeet die dinge wat agter is+ en strek my uit na die dinge wat voor is.+ 14  Ek probeer my bes om my doel te bereik, naamlik om die prys+ van God se roeping na die hemel te ontvang,+ wat hy deur middel van Christus Jesus gee. 15  Laat ons almal wat geestelik volwasse is,+ dus hierdie denke en gesindheid hê, en as julle in enige opsig anders daaroor dink, sal God die bogenoemde gesindheid aan julle openbaar. 16  In elk geval, net soos ons reeds vordering gemaak het, moet ons aanhou om ordelik op hierdie weg voort te gaan. 17  Broers, volg my in eenheid na,+ en hou julle oë op dié wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle gestel het. 18  Want daar is baie wat as vyande van die folterpaal* van die Christus lewe. Ek het dikwels van hulle gepraat, maar ek huil wanneer ek nou van hulle praat. 19  Hulle einde is vernietiging, en hulle god is hulle maag, en hulle eer is eintlik hulle skande, en hulle dink net aan aardse dinge.+ 20  Maar ons burgerskap+ is in die hemel,+ en ons wag gretig vir ’n redder wat van daar af kom, die Here Jesus Christus.+ 21  Hy sal ons nederige liggame verander om soos sy glorieryke liggaam+ te wees deur middel van sy groot krag wat hom in staat stel om alles aan homself te onderwerp.+

Voetnote

Lett. “vlees”.
Of moontlik “gewillig verlaat”.