Die tweede boek van Kronieke 20:1-37

  • Buurlande bedreig Juda (1-4)

  • Josafat bid vir hulp (5-13)

  • Jehovah se antwoord (14-19)

  • Juda wonderdadig gered (20-30)

  • Einde van Josafat se bewind (31-37)

20  Daarna het die Moabiete,+ die Ammoniete+ en party van die Ammonim* teen Joʹsafat gaan veg.  Daar is vir Joʹsafat gesê: “Daar is ’n groot leërmag wat teen u kom veg. Hulle kom uit die gebied van die see,* van Edom+ af. En hulle is in Haʹsason-Taʹmar, dit wil sê En-Gedi.”+  Toe het Joʹsafat bang geword en besluit om Jehovah vir hulp te vra.+ Hy het vir die hele Juda ’n vas aangekondig.  Die mense van Juda het bymekaargekom om Jehovah se leiding te vra.+ Hulle het uit al die stede van Juda gekom om Jehovah te raadpleeg.  Toe het Joʹsafat in die gemeente van Juda en van Jerusalem opgestaan, in die huis van Jehovah, voor die nuwe voorhof,  en hy het gesê: “O Jehovah, die God van ons voorvaders, is u nie God in die hemel nie?+ Regeer u nie oor al die koninkryke van die nasies nie?+ In u hand is krag en mag, en niemand kan teen u staande bly nie.+  O ons God, het u nie die inwoners van hierdie land ter wille van u volk Israel verdryf en die land toe as ’n permanente besitting aan die nageslag* van u vriend Abraham gegee nie?+  En hulle het daarin gaan woon, en hulle het daar vir u ’n heiligdom vir u naam gebou+ en gesê:  ‘As daar rampspoed oor ons kom, of dit nou deur die swaard, veroordeling, siekte of hongersnood is, sal ons voor hierdie huis en voor u gaan staan (want u naam is in hierdie huis),+ en ons sal u smeek om ons te help. Mag u dan luister en ons red.’+ 10  Nou het die manne van Ammon, Moab en die bergstreek Seïr+ teen ons opgetrek. Toe Israel uit Egipte gekom het, het u die Israeliete nie toegelaat om hulle gebied binne te val nie, en Israel het van hulle af weggedraai en hulle nie vernietig nie.+ 11  En nou betaal hulle ons terug deur te kom en ons te verdryf uit u land wat u vir ons as ’n erfdeel gegee het.+ 12  O ons God, straf hulle asseblief.+ Want ons is magteloos voor hierdie groot leërmag wat teen ons kom veg, en ons weet nie wat om te doen nie,+ maar ons oë is op u.”+ 13  Al die mans van Juda het die hele tyd voor Jehovah gestaan, saam met hulle kinders, hulle vrouens en selfs hulle klein kindertjies. 14  Toe het die gees van Jehovah in die gemeente oor Jahaʹsiël gekom. Hy was die seun van Sagariʹa, die seun van Benaʹja, die seun van Jeïel, die seun van Mattanʹja, ’n Leviet uit die nakomelinge van Asaf. 15  Hy het gesê: “Luister, koning Joʹsafat en inwoners van Juda en Jerusalem! Dít is wat Jehovah vir julle sê: ‘Moenie vrees nie en moenie bang wees vir hierdie groot leërmag nie, want die geveg is nie julle s’n nie, maar God s’n.+ 16  Gaan môre teen hulle uit. Hulle sal met die Sis-pas kom, en julle sal hulle aan die einde van die vallei* voor die wildernis Jeruʹel vind. 17  Julle sal nie in hierdie oorlog hoef te veg nie. Neem julle posisies in, staan stil+ en sien hoe Jehovah julle red.*+ O Juda en Jerusalem, moenie bang wees of vrees nie.+ Gaan môre teen hulle uit, en Jehovah sal met julle wees.’”+ 18  Dadelik het Joʹsafat op sy knieë gegaan en neergebuig, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor Jehovah op hulle knieë neergeval om Jehovah te aanbid. 19  Toe het die Leviete wat nakomelinge van Kehat+ en van Korag was, opgestaan om Jehovah, die God van Israel, met ’n baie harde stem te loof.+ 20  Hulle het die volgende oggend vroeg opgestaan en na die wildernis van Tekoʹa+ gegaan. Toe hulle vertrek het, het Joʹsafat voor hulle gaan staan en gesê: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Vertrou op Jehovah julle God sodat julle kan vasstaan.* Vertrou op sy profete,+ en julle sal suksesvol wees.” 21  Nadat hy die volk geraadpleeg het, het hy manne aangestel om vir Jehovah te sing+ en hom te loof. Hulle moes in heilige klere voor die gewapende manne uitgaan en sing: “Dank Jehovah, want sy lojale liefde duur vir ewig.”+ 22  Toe hulle met vreugde lofliedere begin sing, het Jehovah ’n strik gestel vir die manne wat Juda binnegeval het, die manne van Ammon, Moab en die bergstreek Seïr, en hulle het mekaar doodgemaak.+ 23  En die Ammoniete en die Moabiete het die inwoners van die bergstreek Seïr+ aangeval om hulle te vernietig en uit te roei. En nadat hulle die inwoners van Seïr doodgemaak het, het hulle mekaar doodgemaak.+ 24  Toe Juda by die wagtoring van die wildernis kom+ en in die rigting van die leërmag kyk, het hulle hulle lyke op die grond sien lê.+ Daar was geen oorlewendes nie. 25  Joʹsafat en sy manne het gegaan om die lyke te stroop en hulle het baie goedere, klere en waardevolle dinge gevind. Hulle het soveel bymekaargemaak dat hulle nie alles kon dra nie.+ Dit het drie dae geneem om alles weg te dra. 26  Op die vierde dag het hulle in die Beʹraga-vallei bymekaargekom om Jehovah te loof.* Daarom het hulle daardie plek die Beʹraga-vallei* genoem,+ en dit word tot vandag toe so genoem. 27  Toe het al die manne van Juda en Jerusalem, onder die leiding van Joʹsafat, met vreugde na Jerusalem teruggegaan, want Jehovah het hulle die oorwinning oor hulle vyande gegee.+ 28  Hulle het met die klank van harpe,+ ander snaarinstrumente en trompette+ in Jerusalem aangekom en na die huis van Jehovah gegaan.+ 29  En al die koninkryke van die lande het bang geword vir God toe hulle hoor dat Jehovah teen Israel se vyande geveg het.+ 30  Daar was dus vrede in die koninkryk van Joʹsafat, en sy God het hom rus van al sy vyande om hom bly gee.+ 31  En Joʹsafat het aangehou om oor Juda te regeer. Hy was 35 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 25 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Asuʹba, die dogter van Silhi.+ 32  Hy het dieselfde weg gevolg as sy pa, Asa.+ Hy het nie daarvan afgewyk nie, en hy het gedoen wat reg is in die oë van Jehovah.+ 33  Maar die offerhoogtes is nie verwyder nie,+ en die volk het nog nie hulle hart voorberei om die God van hulle voorvaders te dien nie.+ 34  Die res van die geskiedenis van Joʹsafat is van begin tot einde opgeteken in die geskrifte van Jehu,+ die seun van Hanaʹni,+ wat ingesluit is in die Boek van die konings van Israel. 35  Later het koning Joʹsafat van Juda ’n ooreenkoms gemaak met koning Ahaʹsia van Israel, wat goddelose dinge gedoen het.+ 36  Hulle het saam skepe gebou om na Tarsis+ te vaar. Hulle het die skepe in Eʹseon-Geʹber+ gebou. 37  Maar Eliëser, die seun van Dodawaʹhu, uit Mareʹsa, het teen Joʹsafat geprofeteer en gesê: “Omdat u ’n ooreenkoms met Ahaʹsia gemaak het, sal Jehovah u projek laat misluk.”+ Die skepe is dus erg beskadig,+ en hulle kon nie na Tarsis vaar nie.

Voetnote

Of moontlik “die Meüniete”.
Blykbaar die Dooie See.
Lett. “saad”.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Of “sien die redding van Jehovah ten behoewe van julle”.
Of “volhard”.
Lett. “te seën”.
Beteken “vallei van seëninge”.