Die eerste brief van Johannes 5:1-21

  • Geloof in Jesus oorwin die wêreld (1-12)

    • Wat liefde vir God beteken (3)

  • Vertroue in die krag van gebed (13-17)

  • Wees versigtig in ’n goddelose wêreld (18-21)

    • Hele wêreld in mag van Duiwel (19)

5  Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore,+ en elkeen wat die Vader liefhet, het die een lief wat uit hom gebore is.  Wanneer ons God liefhet en sy gebooie nakom, weet ons dat ons die kinders van God+ liefhet.  Want die liefde vir God beteken dat ons sy gebooie gehoorsaam.+ En tog is sy gebooie nie swaar nie,+  want elkeen* wat uit God gebore is, oorwin die wêreld.+ En dit is hoe ons die wêreld oorwin het: deur ons geloof.+  Wie kan die wêreld oorwin?+ Is dit nie die een wat glo dat Jesus die Seun van God is nie?+  Hy is die een wat deur middel van water en bloed gekom het, Jesus Christus – nie met die water alleen nie,+ maar met die water en met die bloed.+ En die gees getuig,+ want die gees is die waarheid.  Daar is drie wat getuig:  die gees+ en die water+ en die bloed,+ en die getuienis van hierdie drie stem ooreen.  As ons die getuienis van mense aanvaar, is God se getuienis groter. Want dit is die getuienis van God, naamlik die getuienis wat hy oor sy Seun gegee het. 10  Wie sy geloof in die Seun van God stel, het die getuienis in homself. Wie nie geloof in God het nie, het God ’n leuenaar gemaak,+ omdat hy nie sy geloof gestel het in die getuienis wat God oor sy Seun gegee het nie. 11  En dit is die getuienis: God het ons die ewige lewe gegee,+ en hierdie lewe is in sy Seun.+ 12  Die een wat die Seun het, het hierdie lewe. Die een wat nie die Seun van God het nie, het nie hierdie lewe nie.+ 13  Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het,+ julle wat julle geloof in die naam van die Seun van God stel.+ 14  En ons het die vertroue*+ dat hy ons hoor,+ ongeag wat ons volgens sy wil vra. 15  En as ons weet dat hy ons hoor in alles wat ons ook al vra, weet ons dat ons die dinge gaan kry wat ons vra, omdat ons dit van hom gevra het.+ 16  As iemand sien dat sy broer ’n sonde pleeg wat nie tot die dood lei nie, sal hy vra, en God sal hom die lewe gee.+ Dit geld vir iemand wat nie sonde pleeg wat tot die dood lei nie. Maar daar is ’n sonde wat wel tot die dood lei.+ Ek sê nie dat hy moet bid vir iemand wat daardie sonde pleeg nie. 17  Alle onregverdigheid is sonde,+ en tog is daar ’n sonde wat nie tot die dood lei nie. 18  Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sonde beoefen nie, maar die een wat uit God gebore is,* beskerm hom, en die Duiwel* kan niks aan hom doen nie.*+ 19  Ons weet dat ons aan God behoort, maar die hele wêreld is in die mag van die Duiwel.*+ 20  Maar ons weet dat die Seun van God gekom het,+ en hy het ons insig* gegee sodat ons die kennis van die ware God kan verkry. En ons is in eenheid met die ware God,+ deur middel van sy Seun Jesus Christus. Dit is die ware God en die ewige lewe.+ 21  Kindertjies, bly weg van afgode.+

Voetnote

Lett. “alles”.
Of “vrymoedigheid van spraak”.
D.w.s. Jesus Christus, die Seun van God.
Of “kry geen houvas op hom nie”.
Lett. “die Bose”.
Lett. “die Bose”.
Lett. “verstandelike waarnemingsvermoëns; intellektuele vermoëns”.