Spring na inhoud

JW BROADCASTING

Kyk na video’s op Roku

Kyk na video’s op Roku

Jy kan na enige video’s kyk met al die speelfunksies (pouseer, gaan terug, gaan vorentoe, spring). Kyk na net een video of na al die video’s in ’n versameling.

(Let wel: Jou Roku-afstandbeheerder lyk dalk anders as die een wat in hierdie hulpteks gewys word.)

 Vind en kyk na ’n video

Kies Video Categories bo-aan die tuisskerm om te sien watter videokategorieë beskikbaar is. Gebruik die pyltjies op jou afstandbeheerder om deur die kategorielys te beweeg. Druk die OK-knoppie om ’n spesifieke kategorie te kies.

Party video’s kan in meer as een kategorie gevind word. Byvoorbeeld, die video The Prodigal Returns kan onder Movies, Family en Teenagers gevind word.

Kies die Shuffle-opsie om al die video’s in ’n kategorie aaneen sonder ’n volgorde te speel.

Elke kategorieblad bevat meer as een videoversameling. Elke ry video’s verteenwoordig ’n videoversameling. Die naam van die versameling verskyn bo-aan die ry.

Gebruik jou afstandbeheerder om deur versamelings te gaan:

  • Op- en afpyltjies: Gaan na ’n ander versameling.

  • Links- en regspyltjies: Gaan deur die video’s in ’n versameling.

Daar is twee maniere om na al die video’s in ’n versameling te kyk:

  • Kies die Play All-opsie om al die video’s in die versameling te speel en dan sal dit met die eerste een begin.

  • Kies die Shuffle-opsie om al die video’s in die versameling sonder ’n volgorde te speel.

Let wel: Die video’s sal ophou speel wanneer al die video’s in die versameling klaar gespeel het.

Kies ’n video om die blad met die videobesonderhede te wys. Kies een van die volgende opsies op hierdie skerm:

  • Resume: Hierdie opsie verskyn net as jy voorheen die video gestop het voordat dit die einde bereik het. Deur hierdie opsie te kies, sal die video verder speel van waar jy dit laas gestop het.

  • Play or Play From Beginning: Speel die video van die begin af.

  • Play With Subtitles: Hierdie opsie vertoon net as daar onderskrifte vir die huidige video beskikbaar is. As jy dit kies, sal die video met onderskrifte speel en ook onderskrifte aanskakel (indien beskikbaar) vir al die video’s. Om die onderskrifte af te skakel, kies Play Without Subtitles.

  • Play All in the Collection: Speel al die video’s in die versameling van die huidige video af. Video’s sal ophou speel wanneer al die video’s in die versameling klaar is.

Die ry onder die blad met die videobesonderhede wys ander video’s in die huidige versameling. Druk die Afpyltjie om na ’n versameling te gaan en die Oppyltjie om terug te gaan na die blad met die videobesonderhede.

 Beheer ’n video

Wanneer ’n video speel, kan jy dit met jou afstandbeheerder soos volg beheer:

  • Speel/Pouseer: Pouseer die video. Druk die knoppie weer om die video verder te laat speel.

  • Regspyltjie: Spring ’n paar sekondes vorentoe. Hou die knoppie in om vinnig deur die video te beweeg. Wanneer die vorderingsaanwyser die plek bereik waarvandaan jy wil kyk, druk die Speel-knoppie of die OK-knoppie.

  • Gaan vorentoe: Beweeg outomaties vorentoe deur die video. Wanneer die vorderingsaanwyser die plek bereik waarvandaan jy wil kyk, druk die Speel-knoppie of die OK-knoppie.

  • Linkspyltjie: Spring ’n paar sekondes terug. Hou die knoppie in om vinnig tot die begin van die video te beweeg. Wanneer die vorderingsaanwyser die plek bereik waarvandaan jy wil kyk, druk die Speel-knoppie of die OK-knoppie.

  • Gaan terug: Beweeg vinnig terug na die begin van die video. Wanneer die vorderingsaanwyser die plek bereik waarvandaan jy wil kyk, druk die Speel-knoppie of die OK-knoppie.

  • Terug: Gaan terug na die blad met die videobesonderhede.

 Kyk na onlangse video’s of video’s van spesiale belang

Die JW Broadcasting-tuisblad bied twee spesiale videoversamelings:

  1. Featured: Video’s van spesiale belang, soos dié wat met ons weeklikse vergaderinge of gesinsaanbidding verband hou.

  2. Latest Videos: Video’s wat mees onlangs bygevoeg is.